Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vlae hang halfstok vir Shaleen

Suid-Afrikaners sal vanmiddag saam ’n traan kan stort op die legendariese Shaleen Surtie-Richards se “laaste vertoning” – haar begrafnis.

Landsvlae hang reeds Sondagoggend halfstok in die Wes-Kaap ter ere aan Surtie-Richards, nadat pres. Cyril Ramaphosa ’n spesiale provinsiale staatsbegrafnis goedgekeur het.

Daar sal slegs enkele mense toegelaat word by die Durbanville-begraafplaas waar Surtie-Richards se begrafnisdiens om 14:30 sal begin.

Die begrafnisdiens sal wel - net soos die ikoniese afgestorwe aktrise van ouds gedoen het - weer in die voorkamers op televisieskerms en op sosiale media uitgesaai word.

Die Kaapse sangers Mujahid George en Karin Kortje, sal die diens begin met die lied “The Prayer”.

Maar dit is veral ’n dag vir Surtie-Richards se geliefdes om haar te groet en haar niggie Michelle Surtie de Bruyn sal namens die familie ’n boodskap lewer.

Die ewe ikoniese June Van Merch, Basil Appollis en Royston Stoffels sal ’n terugblik gee op haar lewe – die lewe van Shaleen die aktrise.

Karin Kortje sing hierna “The Lords Prayer” en dan sal ’n boodskap deur Patricia de Lille, minister van openbare werke en infrastruktuur, deur Alistair Izobell, familiewoordvoerder, voorgelees word.

Nog ’n lied, “Because We Believe”, is op die program en dan kry Anroux Marais, Wes-Kaapse LUR vir kulturele sake en sport, asook Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, die geleentheid om hul boodskappe te lewer.

Die erediens sal gelei word deur eerw. Lionel Surtie.

’n Amptelike seremonie as deel van die staatsbegrafnis se verrigtinge volg hierna.

Shaleen Surtie-Richards Foto: Gallo Images

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.