Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vlak 4: Wat van buurtwagte?

Buurtwaglede kan steeds voortgaan om te patrolleer, maar moet ’n nuwe, aangepaste permit bekom.

Albert Fritz, plaaslike minister van gemeenskapsveiligheid, sê in ’n verklaring lede wat by dié departement geakkrediteer is, moet ’n aangepaste vlak 4-reispermit bekom sodat hulle mag patrolleer.

“Buurtwagte doen belangrike werk deurdat hulle die oë en ore vir die polisie is en ons is bly om te bevestig dat hulle steeds toegelaat sal word om hul werk te kan doen. Dit sal help om gemeenskappe veilig te hou,” sê Fritz.

Hy het elke buurtwaglid gevra om veilig te wees en alle nodige voorsorgmaatreëls na te kom om hulself teen die virus te beskerm en om sodoende die verspreiding daarvan ook hok te slaan. Dit sluit in om gereeld hul hande te ontsmet, gesonde afstande te handhaaf, maskers te dra en patrolleringsvoertuie nie te oorlaai nie.

Vir nog inligting en hulp, kontak die departement by Neighbourhood.watch@westerncape.gov.za.

Meer oor:  Albert Fritz  |  Vlak 4
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.