Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vlieënde Fichies nou nasionale kampioene

Die Fichardtpark Lions-rasieleiers in Bloemfontein het nuwe hoogtes bereik toe die Hoërskool Fichardtpark se twee spanne as die nasionale kampioene gekroon is.

Dié skool se twee spanne het die naweek op die jaarlikse South African Majorette and Cheerleading Association (Samca) kampioenskappe in Oudtshoorn uitgeblink toe hulle die eerste plek in die afdelings Co-ed Large (gemengde span) en All Girls Large (slegs meisies) behaal het.

Die Hoërskool Fichardtpark Lions Cheerleaders het die naweek nuwe hoogtes bereik toe hulle as nasionale kampioene gekroon is. Foto: Verskaf
Die Hoërskool Fichardtpark Lions Cheerleaders in aksie. Foto: Verskaf

Dit was ’n eerste vir dié hoërskool nadat hulle teen honderde ander spanne meegeding het.

Daniel Otto, afrigter van die rasieleiers, sê die 37 hoërskoolmeisies en -seuns was Saterdag sprakeloos toe hulle as algehele nasionale kampioene gekroon is.

“Niemand het die prestasie verwag nie omdat ons vorige jare net die vierde plek behaal het. Ons was altyd net ’n paar tree agter die podiumplek.”

Die spanne is só gemotiveerd deur hul uitstekende prestasies dat hulle al planne vir 2019 se kampioenskappe begin maak het, sê Otto.

Hulle het twee weke voor die nasionale kampioenskappe elke dag byna ses uur geoefen.

Die spanne het vanjaar ook opleiding van Amerikaanse afrigters ontvang om hulle vir die kompetisie voor te berei.

Otto sê dit het harde werk en toewyding geneem omdat die leerlinge eksamen geskryf en boonop nog ’n ander sportsoort beoefen het.

Hulle fokus nou op die Vrystaatse proewe en om hul Proteakleure later vanjaar te verwerf.

Karla van Druten en Bianca van Tonder is die rasieleiers se ander afrigters.

Meer oor:  Oudtshoorn  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.