Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vliegongeluk eis Pretoria-leerling

’n Leerling van die Hoërskool Montana in Pretoria is Dinsdag in ’n vliegongeluk dood.

Die skool het Woensdagoggend op sy Facebook-blad medelye met die familie en vriende van Anika de Beer, ’n gr. 11-leerling van die skool, betuig.

Volgens dié inskrywing het De Beer ’n paar dae tevore haar solovlug voltooi. Dit was haar droom om haar vlieglisensie te kry.

“Ons dink in ons gebede aan julle. Mag julle die Here se nabyheid en vertroosting ervaar in hierdie tyd,” is die skool se boodskap.

Netwerk24 het Dinsdag berig oor ’n vroue-vlieënier wat in ’n vliegtuig van die Professional Flight Centre-vliegskool dood is. Dié vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het van die Wonderboom-lughawe op ’n oop stuk veld langs die Onderstepoort Veterinêre Akademiese Hospitaal neergestort.

Meer oor:  Anika De Beer  |  Pretoria  |  Hoërskool Montana  |  Vliegongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.