Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vliegramp eis nóg 'n lewe

Nog 'n mens is dood nadat ’n vliegtuig Dinsdagmiddag laat in Pretoria neergestort het.

Dit bring die sterftesyfer op twee te staan.

Die tweede persoon wat intussen dood is, was na bewering nie ’n insittende van die vliegtuig nie, maar op die grond toe die vliegtuig geval het, sê Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO).

Die ongelukstoneel Woensdag wat die lewe van twee mense geëis het. Foto: Verskaf

Die oorledene is glo in die Netcare Milpark-hospitaal in Johannesburg dood.

Meer besonderhede oor die oorledene is egter nog nie bekend nie.

Netwerk24 het betroubaar verneem die vlugingenieur, Christo Barnard (54), is die persoon wat Dinsdag dood is in die Wonderboom-vliegramp.

Vroeër is berig die vliegtuig het deur ’n fabriek en melkery geploeg toe dit geval het nadat dit van die Wonderboom-lughawe in Pretoria opgestyg het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.