Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vliegtuie laat waai tussen Jhb en Kaap

Die vlugroete tussen Johannesburg en Kaapstad is een van die tien besigste binnelandse roetes wêreldwyd.

Dít blyk uit die verslag van die maatskappy OAG wat lugdienste en lughawens se inligting ontleed. Die maatskappy het sy verslag vir 2019 bekend gemaak oor die wêreld se besigste vlugroetes.

Daar is jaarliks 33 708 vlugte tussen Johannesburg en Kaapstad, lui die verslag. Dit is die tiende besigste binnelandse roete op ’n lys van 20 roetes in 13 verskillende lande op elke vasteland behalwe Europa, berig BusinessTech.

Die besigste binnelandse roete is van die Djedjoe-eiland in Suid-Korea na die hoofstad, Seoel. Sewe lugdienste sorg vir meer as 200 vlugte per dag.

In Afrika is die derde besigste roete tussen Johannesburg en Durban met 22 357 vlugte per jaar deur vyf lugdienste.

Die besigste internasionale roete is van Kuala Lumpur in Maleisië na Singapoer met meer as 30 000 vlugte per jaar deur agt lugdienste. Dit is gemiddeld 82 vlugte per dag, berig Traveller24.

Daar is daagliks meer as 100 000 vlugte wêreldwyd.

Sewe van die toptien- besigste langafstandroetes eindig in Amerika. Die besigste roete is tussen New York (JFK) en San Francisco (SFO) en kort op sy hakke is die roete tussen New York (JFK) en Londen se Heathrow-lughawe.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.