Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vliegtuig van lugmag-museum stort neer

’n Ligte vliegtuig het Woensdagoggend by die Swartkop-lugmagbasis in Centurion, Gauteng, neergestort.

Siphiwe Dlamini, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het Woensdagmiddag die voorval aan Netwerk24 bevestig.

Hy sê die vliegtuig behoort aan die Suid-Afrikaanse Lugmag-museum. “Daar is nog min inligting beskikbaar. Ek kan ook nie sê of daar sterftes was nie, want ons weet nog nie,” sê hy.

Die Burgerlugvaartowerheid het Woensdagmiddag by navraag gesê hy mag nie op weermagvoorvalle kommentaar lewer nie.

Die weermag se ondersoekspan is volgens Dlamini steeds op die toneel.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Centurion  |  Vliegtuig  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.