Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vliegtuig was bestem vir massatoerisme

Die Convair 340-vliegtuig wat Dinsdag naby die Wonderboom-lughawe in Pretoria tydens ’n toetsvlug neergestort het, is al in 1954 gebou en bestem vir massatoerisme.

Só lui ’n vorige verklaring deur die Aviodrome-pretpark in Lelystad, Nederland, waar dié geskiedkundige vliegtuig op 23 Julie met ’n groot feestelikheid verwelkom sou word. Dit sou glo die pretpark se sleutel tot “massatoerisme” wees.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het daar ’n behoefte ontstaan aan ’n vliegtuig wat meer passasiers oor langer afstande kan vervoer. Die behoefte was ook aan ’n gerieflike vlug, en daarom het die vliegtuig ’n kajuit gehad wat van drukreëling voorsien is, wat dit in staat gestel het om bo slegte weerstoestande te vlieg.

Die Nederlandse lugdiens, KLM, het 24 sulke vliegtuie gehad. Vanweë die reeks se sukses het Martin’s Air Charter, wat in 1958 gestig is, een Convair-vliegtuig oorgekoop.

Martin’s Air Charter, wat nou bekend staan as Martinair, het later met KLM saamgesmelt en die vliegtuig het sedertdien aan Rovos Rail, ’n Suid-Afrikaanse treinmaatskappy, behoort wat tot 2009 luukse “lugsafari’s” oor Suider-Afrika heen aangebied het.

Rovos Rail het egter vanjaar besluit om van die vliegtuig ontslae te raak en het dit in Maart 2018 aan Aviodrome geskenk.

Intussen het Aviodrome al sowat €350 000 (meer as R5,5 miljoen) bestee om die vliegtuig op te knap en parte te vervang sodat dit op 12 Julie die lang vlug na Nederland kan onderneem.

Omdat die vliegtuig gebou is vir kort tot medium-afstande, sou dit verskeie stoppe in ander lande moes maak. Die roete sou Zambië, Uganda, Soedan, Egipte, Kroasië en Oostenryk insluit.

Luidens ’n verklaring deur KLM is die lugdiens geskok oor die gebeure. “Martinair het medelye met die passasiers, bemanning en ander betrokkenes by die ongeluk.”

Hierdie foto’s van die ongelukstoneel is aan Netwerk24 verskaf.

Foto’s: Verskaf

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.