Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vloek jy of vloek jy nie?

Vloek jy, of vloek jy nie?

Prof. Gerhard van Huyssteen is die hoofspreker op die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) se simposium ‘Vloek met flair (en voorbehoud)’. Hy doen navorsing oor die rol van vloek in Afrikaans en is ook die stigter van vloek.co.za.

Dit is die vraag op vele Afrikaanssprekendes se lippe.

“Op die regte manier en in die regte konteks, absoluut, ja,” antwoord prof. Gerhard van Huyssteen.

Hy is die hoofspreker op VivA, die Virtuele Instituut vir Afrikaans, se simposium “Vloek met flair (en voorbehoud)” wat Vrydag in Pretoria gehou word.

Volgens Marlie Coetzee, VivA se uitvoerende direkteur, fokus die simposium daarop om ’n veilige ruimte vir die debat oor vloekery te skep.

“Ons hoofdoel is om navorsing te doen oor taal en vloek is tog ook deel van die taal. Dit is ’n kuns om reg te kan vloek,” sê Coetzee.

Sy sê dat daar gekyk sal word na hoe vloekwoorde in boeke, flieks, toneelstukke en in die media gebruik word en ook hoe onderwerpe, byvoorbeeld selfdood in ’n toneelstuk, minder taboe raak.

Van Huyssteen doen tans navorsing oor hierdie onderwerpe en verduidelik dat vloek die moraliteitsbeen van die studie van Afrikaans is.

“Ons kan nie wegkom van moraliteit in ons daaglikse lewe nie. Dié moraliteit kan lei tot sensuur en die simposium gaan ook fokus op hoe ons sensuur in die digitale ruimte hanteer,” sê Van Huyssteen.

Volgens hom is daar drie soorte sensuur.

“Die eerste is selfsensuur. Dis wanneer jy besluit of jy ’n vloekwoord op Facebook gaan plaas of nie en of jy ’n sterretjie gaan gebruik as jy hom plaas. Die tweede is openbare sensuur waar iemand byvoorbeeld ’n program op televisie boikot omdat hulle te veel daarin vloek. Die derde is geïnstitusionaliseerde sensuur waar die reëls van ’n Facebook-blad byvoorbeeld stipuleer jy mag nie vloek nie.”

Iets soos ‘my f*k, Marelize’ is in ’n moedelose konteks gesê en daarom het mense gelag.

Hy voeg by dat dit oor konteks gaan.

“Iets soos ‘my f*k, Marelize’ is in ’n moedelose konteks gesê en daarom het mense gelag.”

Die ander paneellede op die simposium is Foeta Krige (voormalige regisseur by RSG), Lizané Basson (ATKV-tienertoneel), Hannes Brümmer (akteur en komediant), Johan Jack Smith (Taalgenoot-redakteur en outeur) en Susan Lombaard (Maroela-media).

Kaartjies kos R150 per persoon en kan by Coetzee bespreek word by navraag@viva-afrikaans.co.za.

Meer oor:  Gerhard Van Huyssteen  |  Vloek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.