Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vlugtelinge in Kaapse middestad se status nagegaan

Die proses om die dokumente van honderde vlugtelinge in en rondom die Metodistekerk in die Kaapstadse middestad na te gaan, het Woensdag begin.

Die vlugtelinge se wasgoed lê op die trap van die Metodistekerk in Kaapstad .Foto: Jaco Marais

’n Lokaal in Soutrivier is geïdentifiseer waar die departement van binnelandse sake die vlugtelinge se aansoeke om asiel en vlugtelingstatus kan nagaan.

Woensdag is 15 gesinne se inligting verwerk.

Die vlugtelinge se omstandighede sal ook oorweeg word om te bepaal of hulle vir herplasing in aanmerking kom.

“Maar dit wil voorkom asof hulle nie teruggeplaas wil word nie. Geeneen van hulle wou fisieke adresse gee waar hulle voorheen gewoon het sodat hulle herintegreer kan word nie,” sê JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit in die Kaapstad-metro.

Die lokaal in Soutrivier sal ook gebruik word as ’n gerief om te bepaal wie in nood is en watter soort hulp hulle benodig. Hulle kan onder meer inligting gee oor hoekom hulle vervolging in hul land van herkoms of vir hul veiligheid daar vrees.

Drie mans op straat rondom die kerk.Foto: Jaco Marais

Die vlugtelinge sal in klein groepies na Soutrivier gebring word sodat die assesserings gedoen kan word.

’n Tussentydse interdik is vandeesweek in die hooggeregshof toegestaan wat die buitelanders dwing om dele van Groentemarkplein te verlaat.

Dit is egter nie van toepassing op die vlugtelinge en asielsoekers wat in die Metodistekerk self woon nie.

Van Maandag af het die groep sewe dae om die sypaadjies en strate te verlaat en die metroraad se verordenings hieroor na te kom.

Waarnemende regter Daniel Thulare se bevel sal ná sewe dae van krag wees en die respondente en ander belanghebbers sal teen 17 Maart redes kan verskaf oor waarom die bevel nie finaal bekragtig moet word nie.

Voorheen is berig dat daar sowat 500 mense en 265 kinders in en om die kerk woon, van wie die meeste die nodige dokumente vir verblyf in die land het.

Smith sê die interdik moes in vyf tale vertaal word sodat al die vlugtelinge dit kan verstaan.

Meer oor:  Kaapstad  |  Metroraad  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.