Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
KYK: Vlugtelinge slaags met polisie in Pta
’n Vlugteling gooi ’n klip na die polisie. Foto: Deaan Vivier

Die polisie in Pretoria het Vrydag slaags geraak met ’n groep vlugtelinge wat buite die Verenigde Nasies se hoë kommissariaat vir vlugtelinge (UNHCR) in Brooklyn, Pretoria, kampeer.

Die polisie is aanvanklik Donderdag ingeroep om die vlugtelinge te verwyder nadat ’n klag van oortreding by die polisie aanhangig gemaak is. Hulle was toe reeds op die toneel, maar was huiwerig om die groep te verwyder.

Die vlugtelinge kampeer reeds sedert Oktober buite die perseel van die UNHCR omdat hulle aandring om na ’n ander land verplaas te word nadat daar onlangs xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika was.

Van die betogers word weggeneem. Foto: Deaan Vivier

Die hof het Woensdag ’n bevel uitgereik dat die vlugtelinge verwyder moet word.

Die polisie het van die meer as 150 vlugtelinge wat buite die UNHCR-perseel kampeer, in vangwaens gestop.

Netwerk24 verneem die polisie wil bepaal of die vlugtelinge wettig in die land is.

Talle vlugtelinge het Vrydagoggend geskree dat hulle nie weet waar hul kinders is nie.

“Julle maak ons dood (deur ons weg te vat),” het een van die vroue aan die polisie gesê.

Meer oor:  Unhcr  |  Vn  |  Brooklyn  |  Pretoria  |  Vlugtelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.