Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip: Etienne ‘het nuwe vriendin’

Etienne Scheepers, wie se vrou en twee kinders in Oktober dood is nadat hul motor oor ’n krans by Voëlklip gestort het, het glo ’n nuwe vriendin in sy lewe.

Liezel Claasen (41) Foto’s: Facebook

Inwoners van Heroldsbaai met wie Rapport gepraat het, sê hulle is verras dat Liezel Claasen (41), wat onder meer professionele masseersessies op Facebook adverteer, haar meubels by die 37-jarige wewenaar se huis in die Oubaai-landgoed laat aflaai het.

Hulle sien gereeld vir Etienne en Liezel in sy BMW X5 rondry en Liezel het onlangs glo begin werk by sy onderneming waar sy vrou, Heidi (36), ook gewerk het.

Heidi en die egpaar se kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), het op 22 Oktober vanjaar in die see by Heroldsbaai verdwyn.

Hy maak praatjies af as onsin.

Die wrak van hul VW Caravelle-bussie is die volgende dag aan die voet van die krans by Voëlklip gekry. Hugo se lykie – nog vasgemaak in die motorstoeltjie – is kort daarna naby die wrak gevind. Heidi se lyk is op 26 Oktober in die see gevind, maar Cuzette is nooit gekry nie.

Die gesin sou die dag ná die tragedie met vakansie na Mosambiek vertrek en hul tasse was blykbaar reeds gepak.

Nóg Ettiene nóg Liezel het Rapport se oproepe en boodskappe beantwoord.

Claasen se eksman, James, het aan Rapport gesê hy het haar gevra of sy nou in ’n verhouding met Scheepers is, maar sy het dit ontken.

Etienne en Heidi Scheepers.

“Ek moet my eksvrou glo,” het dié plaaslike prokureur gesê.

Hy meen sy eksvrou en Scheepers “vul mekaar aan” oor hulle “ekstroverte persoonlikhede” en hulle “pas by mekaar”.

Wat hom betref, bly sy eksvrou in die woonstel in George wat hy vir haar aangeskaf het ná hul egskeiding.

Hy sê inwoners van die dorp wat so skinder, is net besig met vuil wasgoed was.

Etienne het ná die tragiese afsterwe van sy hele gesin deurgeloop onder skinderpraatjies en innuendo.

Hy moes onder meer regstappe doen om ’n Facebook-groep met die naam Murder She Wrote te stop om oor die ongeluk te bespiegel.

Etienne het ’n prokureursbrief aan die administrateurs van die groep gestuur.

Die groep het intussen sy fokus na ander voorvalle, waaronder die Inge Lotz-moord, verskuif.

Etienne het te midde van die gissinge teenoor die George Herald gereageer en die praatjies as onsin afgemaak.

“Ons is persoonlik en finansieel gesond en ons sakeondernemings doen goed. Ons is in geen finansiële penarie nie. Ek het ook nie enige vorm van bedrog gepleeg, nog enige buite-egtelike verhoudings gehad of my vrou en kinders geslaan nie.”

Daarom wil hy hê mense moet hom nou in vrede laat dat hy kan rou.

Die polisie het ’n nadoodse ondersoek begin om te bepaal hoe die VW Caravelle oor die afgrond beland het, maar daar is nog geen duidelikheid hoe dit gebeur het nie.

Meer oor:  Etienne Scheepers  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.