Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip: Nuwe kruis vir 2015-slagoffer opgerig

’n Nuwe kruis is vir Werner Finger (20) by Voëlklip opgerig nadat sy kruis verlede maand omgery is toe Heidi Scheepers en haar kinders op dieselfde plek in die gesin se Volkswagen Caravelle oor die afgrond gestort het.

’n Nuwe kruis is vir Werner Finger by Voëlklip naby Heroldsbaai opgerig. Foto: Jackie Kruger

Werner en twee vriende, MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21), is op 15 November 2015 in die vroeë oggendure dood toe die Toyota Hilux-bakkie waarin hulle gery het oor die afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai in die see gestort het. Sy lyk is nooit gekry nie.

Vernon Finger, Werner se pa, het Maandag by navraag bevestig hulle het ’n nuwe kruis vir Werner opgerig en blomme daar neergesit.

“Ons het dit op 15 November, die dag van sy dood, daar gaan opsit,” sê hy.

Die bakkie waarin die drie was, het aan Jansen behoort en is nooit uit die see gehaal nie. Dit kon wel opgelig word, maar niks is onder die bakkie gekry nie.

Werner was ’n student in landboubestuur op die George-kampus van die Nelson Mandela-Universiteit, Jansen ’n kommersiële duiker en Els het ’n kursus gevolg om op bote te werk.

Heidi (35), en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), het op 22 Oktober in hul voertuig verdwyn nadat hulle vroeër saam met haar man, Ettienne Scheepers, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand by Heroldsbaai was.

Die voertuig is die volgende dag met laagwater gekry en het vermoedelik die vorige dag oor die afgrond gestort.

Hugo se lyk is op 24 Oktober gekry en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag toon Heidi en Hugo het verdrink.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en volgens die polisie word geen misdaad vermoed nie.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê Cuzette se lyk is nog nie gevind nie. Die soektog na haar is vroeër vandeesmaand amptelik afgelas, maar die kusgebied word nog sporadies gepatrolleer.

Volgens hom word die amptelike uitslag van Heidi en Hugo se volledige lykskouingsverslag ook nog ingewag.

Die afgrond by Voëlklip. Foto: Jackie Kruger
Werner Finger
Cuzette Scheepers Foto: Facebook/In Memory of Heidi Scheepers and Children
Hugo ScheepersFoto: Facebook/In Memory of Heidi Scheepers and Children
Heidi ScheepersFoto: Facebook/In Memory of Heidi Scheepers and Children
MarNic ElsFoto: Facebook/MarNic Els
Luandro JansenFoto: Facebook/Luandro Jansen

Meer oor:  Hugo  |  Voëlklip  |  Tragedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.