Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip: Polisie sê g’n misdaad word vermoed
Ettienne en Heidi Scheepers en hul kinders, Hugo en Cuzette. Foto: Facebook/Heidi Scheepers

Die polisie volstaan daarby dat slegs ’n geregtelike doodsondersoek gedoen word na die dood van Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Hugo (2) en Cuzette (6) van Heroldsbaai en dat geen misdaad vermoed word nie.

So het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, Sondag gesê toe Netwerk24 navraag doen het oor ’n berig in Rapport,  waarin haar man, Ettienne Scheepers, aanvoer dat hy glo daar iets meer agter die voorval sit.

Volgens die berig het Ettienne ook laat blyk daar is geen manier dat Heidi haarself om die lewe sou bring nie en dat hy inligting van ’n ooggetuie het dat daar moontlik iemand anders by die voertuig was in die oomblikke voor die treurspel.

Ettienne het ook ontken dat ’n nuwe vriendin by hom ingetrek het.

Dit is ’n geregtelike doodsondersoek en geen misdaad word vermoed nie.
Kapt. Malcolm Pojie

Volgens Pojie is die polisie se ondersoek nog aan die gang. “Dit is ’n geregtelike doodsondersoek en geen misdaad word vermoed nie,” benadruk hy.

Heidi en die kinders het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle oor ’n afgrond by Voëlklip, ’n uitkykpunt by Heroldsbaai, gestort.

Heidi-hulle was vroeër die dag saam met Ettienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand in Heroldsbaai, maar het toe verdwyn. Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober gevind en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag het getoon hulle het verdrink. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was.

Die polisie het onlangs ook die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag ontvang, maar gaan ook nie nader besonderhede daaroor bekend maak nie, uit respek vir die familie.

’n Familielid van Heidi het Sondag by navraag in ’n WhatsApp-boodskap laat blyk dat sy Netwerk24 se boodskap aan Heidi se pa (Brink van Bosch) sal aanstuur. Vroeër het nog ’n familielid op ’n navraag laat blyk dat die familie rou en dat hulle later op hul eie voorwaardes na die media sal uitreik as hulle sou wou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.