Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip: Polisie se ondersoek duur voort

Die polisie se ondersoek na die Voëlklip-tragedie waarin ’n ma en haar twee kinders van Heroldsbaai in hul voertuig oor ’n afgrond in die see gestort het, duur voort.

“Die ondersoek is nog aan die gang,” het kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, by navraag gesê.

“Maar die polisie gaan geen besonderhede oor die ondersoek bekend maak nie.”

Ettienne en Heidi Scheepers en hul kinders, Hugo en Cuzette. Foto: Facebook/Heidi Scheepers

Die polisie het vroeër laat blyk ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen en geen misdaad word vermoed nie.

Heidi Scheepers en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), het op 22 Oktober verlede jaar in hul Volkswagen Caravelle oor die afgrond by Voëlklip, ’n uitkykpunt by Heroldsbaai, gestort.

Heidi-hulle was vroeër die dag saam met haar man, Ettienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand in Heroldsbaai, maar het toe verdwyn. Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober gevind en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag het getoon hulle het verdrink. Cuzette se lyk is nog nie gekry nie.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was.

Die polisie het onlangs ook die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag ontvang, maar gaan ook nie meer besonderhede daaroor bekend maak nie, uit respek vir die familie.

Op die Facebook-groep In Memory of Heidi Scheepers and Children, wat byna 2 000 lede het, het baie mense laat blyk dat Heidi die afgelope Desembervakansie gemis is omdat sy altyd ’n bekende gesig by die kafee in Heroldsbaai was. Mense is ook op die blad gevra om te bid vir haar man en familie.

Meer oor:  Heidi Scheepers  |  Voëlklip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.