Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-slagoffer ‘had glo probleme met geld, liefde’
Zonita (Zoe) BassonFoto: Facebook/Zonita Basson

’n Makelaar van George wie se motor Dinsdagaand voor 22:00 oor ’n afgrond by die Voëlklip-uitkykpunt in Heroldsbaai gestort het, het blykbaar liefdes- en geldelike probleme gehad.

Dele van die rooi Chevrolet Spark Woensdag op die voorgrond by die Voëlklip-uitkykpunt. Dit was al wat op die toneel herwin kon word. Die res van die voertuig, wat tot onder gestort het, gaan nie herwin word nie, het die polisie gesê. Foto: Jackie Kruger

’n Familielid van die oorledene, Zonita (Zoe) Basson (52), het Woensdag by navraag gesê hulle het die laaste klompie jare nie baie kontak met haar gehad nie, maar haar dood was nogtans ’n groot skok. Met die publikasie van dié berig het die polisie nog nie haar naam amptelik bekend gemaak nie.

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, het vroeër gesê ’n ooggetuie het die polisie Dinsdag omstreeks 21:45 gebel toe hulle van Heroldsbaai se kant die motor, nog met die ligte aan, oor die afgrond sien stort. Daar is vasgestel dat dit ’n rooi Chevrolet Spark met ’n CAW-registrasienommer is. Nooddienste is dadelik na die toneel waar hulle probeer het om die motor te herwin.

Basson was alleen in die motor. Haar lyk is Woensdag omstreeks 07:15 deur ’n helikopter opgepik nadat dit in ’n rotsskeur onder in die see opgemerk is. Die motor gaan nie herwin word nie, sê die polisie.

Wrakstukke van die motor was Woensdag nog sigbaar op die toneel. Na verneem word, was Basson ’n makelaar en het sy geldelike en liefdesprobleme gehad.

Marx Classen van die George Sports Bar, ’n kuierplek wat sy gereeld besoek het, het Woensdag by navraag gesê Basson was ’n vrou der vroue en almal is baie hartseer. “Zoe was ’n geliefde mens met ’n groot hart. Sy het altyd ander mense gehelp. Sy het na oumense en kankerlyers omgesien, vir hulle kos gemaak en het vyf hondjies van die DBV (Dierebeskermingsvereniging) gehad.”

Volgens hom sal reëlings getref word sodat na haar honde omgesien word.

Nooddienste Woensdagoggend vroeg by die Voëlklip-uitkykpunt. Foto: Juan Adriaan du Plessis

Nog iemand wat Basson Maandag gesien het, sê sy was giggelend en vol grappies, en het uitgesien na ’n besoek van haar verloofde. Dit is onbekend wanneer die besoek sou plaasvind.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek en geen gemene spel word vermoed nie. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Basson word oorleef deur onder andere ’n seun.

* Die plek waar Basson se motor in die see beland het, is byna 1 km van die plek waar Heidi Scheepers (35) en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), op 22 Oktober vermoedelik in hul Volkswagen Caravelle ook oor ’n afgrond by Voëlklip gestort het.

Hulle het verdwyn nadat hulle vroeër saam met haar man, Ettienne Scheepers, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand by Heroldsbaai was.

Die voertuig is die volgende dag met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober opgespoor en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag toon dat hulle verdrink het.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en volgens die polisie word geen misdaad vermoed nie. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

Meer oor:  Zonita Basson  |  Probleme  |  Selfdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.