Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Inwoner gewaar vrou se lyk in see

’n Lyk, vermoedelik dié van Heidi Scheepers (35), is Saterdagmiddag in die see naby Heroldsbaai gevind, nadat ’n inwoner van die omgewing dit naby die strand sien dryf het.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die inwoner het die polisie omstreeks 13:45 ontbied.

Die lyk is net na 14:00 strand toe gebring.

“Dit is aan die eenheid vir forensiese patologie oorhandig en ’n nadoodse ondersoek sal in die week gehou word om die oorsaak van dood te bepaal.

“Hoewel ons glo dit kan die vermiste mev. Scheepers wees, sal iemand die lyk eers amptelik moet uitken voordat ons dit kan bevestig,” sê Pojie.

Etienne en Heidi Scheepers met hul kinders, Hugo en Cuzette. Foto: Verskaf

Hy voeg by dat die polisie steeds na Scheepers se sesjarige dogter, Cuzette, soek.

“Polisieduikers is op uitkykpunte en bote ontplooi en die lugvleuel help ook om na die vermiste meisie soek,” sê Pojie.

Die polisie soek sedert Dinsdag op land en see na Scheepers, Cuzette, en die tweejarige Hugo nadat die drie die dag van die strand by Heroldsbaai met ’n Volkswagen Caravelle weggery het.

Hulle het nooit by die huis opgedaag nie.

Woensdag is die wrak van die Caravelle met laagwater op die rotse in die see by Voëlklip gewaar.

Hugo se lyk is Donderdag in sy karstoeltjie in die see gekry. Dit het naby die wrak gedryf.

Die motorwrak, waarvan blykbaar net die wiele en onderstel oor was, is Donderdag ná 21:00 uit die water gehys. Geen liggame was in die voertuig nie.

Die wrak van die Volkswagen Caravelle waarin Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), gery het. Die wrak is Woensdag op die rotse by Voëlklip naby Heroldsbaai in die Suid-Kaap gevind. Hugo se lyk, nog in sy karstoeltjie, is Donderdag in die see naby die wrak gevind. Foto: Verskaf
Meer oor:  Heidi Scheepers  |  Heroldsbaai  |  Voëlklip  |  Vermiste Ma  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.