Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Lyk in water gevind
Etienne en Heidi Scheepers met hul kinders, Cuzette en Hugo. Foto: Facebook/Heidi Scheepers

Die lyk van 'n vrou is Saterdagmiddag in die water naby Heroldsbaai se strand gevind.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê die lyk is omstreeks 14:00 in die water naby Heroldsbaai gevind en uitgehaal. Dit is aan die regsmediese deskundige eenheid oorhandig. Hy wou nie bevestig of dit wel Heidi Scheepers is nie, en het gesê die liggaam moet nog formeel uitgeken word.

Die polisie het vroeër Saterdag op land en see na Scheepers en haar dogter, Cuzette (6), gesoek nadat die lyk van haar tweejarige seun, Hugo, in die see gevind is.

Scheepers en haar kinders is sedert Dinsdag laatmiddag vermis nadat hulle die laaste keer op die strand by Heroldsbaai gesien is en met ’n Volkswagen Caravelle daar weg is.

Hugo se lyk is Donderdag in sy karstoeltjie in die see by Voëlklip in die Heroldsbaai-omgewing gekry. Dit het gedryf naby die Caravelle se wrak wat Woensdag op die rotse gevind is. Die wrak was met laagwater sigbaar, het Netwerk24 vroeër berig.

Pojie sê die polisie se duikeenheid is op die see en land ontplooi.

“Duikers soek nog voort en is ontplooi teen die kus van Wildernis af. Hulle doen patrollies met ’n boot tot in Mosselbaai, met die fokus natuurlik by Voëlklip, waar die wrak gevind is,” sê Pojie.

Hy sê die Caravelle is onherkenbaar verwoes, met hoofsaaklik die onderstel wat oorgebly het.

“Leidrade sal opgevolg word. Ons sal die oorblyfsels van die voertuig vir nuwe leidrade ondersoek.”

Intussen het ’n foto van die wrak aan die lig gekom.

Scheepers se man, Etienne, is die eienaar van die Heroldsbaai Kafee.

Die wrak van die Volkswagen Caravelle waarin Heidi Scheepers (35) en haar twee kinders, Cuzette (6) en Hugo (2), gery het. Die wrak is Woensdag op die rotse by Voëlklip naby Heroldsbaai in die Suid-Kaap gevind. Hugo se lyk, nog in sy karstoeltjie, is Donderdag in die see naby die wrak gevind. Foto: Verskaf
Meer oor:  Heidi Scheepers  |  Heroldsbaai  |  Voëlklip  |  Vermiste Ma  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.