Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Lykskouing op vroue afgehandel

Die lykskouing op twee 75-jarige vroue van Krugersdorp wat dood is toe hul voertuig verlede Saterdag oor ’n krans by Voëlklip naby Heroldsbaai in die Suid-Kaap gestort het, is afgehandel.

“Die uitslag van die lykskouing kan nie in die stadium bekend gemaak word nie weens die sensitiewe aard van die voorval,” sê sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder.

Die vroue het op 17 Februarie in George aangekom en by ’n gastehuis in Heroldsbaai ingeboek, volgens die polisie.

Die wit Mazda waarin die vroue verongeluk het, is Sondag kort ná 10:00 van die rotse verwyder nadat hul lyke vroeër uit die wrak gehaal is.

Die polisie het ook beslag gelê op twee vuurwapens wat in die wrak aangetref is. Volgens die polisie is albei vuurwapens in die oorledenes se name geregistreer. Dit is vir ballistiese toetse gestuur.

Die polisie het vroeër gesê daar kan nie bevestig word of skote afgevuur is nie.

Die vroue se name is ook nog nie bekend gemaak nie omdat ’n proses aan die gang is om hulle te identifiseer nadat ’n naasbestaande opgespoor is, volgens die polisie.

Netwerk24 het vandeesweek vasgestel die vroue het in ’n woonstel naby kos- en roomysstalletjies by die strandfront in Heroldsbaai tuisgegaan. Hulle is glo gereeld in Heroldsbaai gesien waar hulle ente gaan ry het. Hulle het ook op ’n keer kos by ’n stalletjie gekoop. Een vrou het gelyk asof sy versorging nodig het en die ander een asof sy na dié vrou omgesien het.

Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Op die nuutgestigte Facebook-groep Save Voëlklip, het talle mense gesê die gebied lyk soos ’n “begraafplaas” weens gedenktekens vir oorledenes wat daar aangebring is. Hulle meen die gedenktekens moet verwyder of beperk word tot iets soos naamplaatjies op ’n kruis.

’n Taakspan is ook begin om te kyk na maniere hoe die pad beveilig kan word. Een van die parkeergebiede by Voëlklip is Dinsdag met die goedkeuring van die grondeienaar en die Wes-Kaapse departement van vervoer en openbare werke deur die George-munisipaliteit versper.

Meer oor:  Heroldsbaai  |  Voëlklip  |  Lykskouings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.