Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Meisie (2) se lyk in water gesien

Die soektog na ’n tweejarige meisie wat Donderdag saam met haar ma in hul voertuig oor ’n afgrond by Voëlklip, Heroldsbaai, in die see gestort het, is Maandag voortgesit.

Die 34-jarige ma en haar dogtertjie het net ná 12:00 Donderdag in ’n wit Fiat oor die kranse in die see gestort. Haar agtjarige boetie het uit die motor geval en by weldoeners wat hy langs die pad teëgekom het, hulp gaan soek.

Die seuntjie het vir hulle gesê sy “ma is in die see”. Die polisie en nooddienste is ontbied en die vrou se lyk is later dieselfde middag uit die see gehaal.

Maar reddingswerkers kon nie by haar uitkom nie. Sy het toe onder die water verdwyn.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê polisieduikers lei die soektog na die meisie. ’n Sterk wind het die soektog Maandag bemoeilik.

Reddingswerkers het die meisie se lyk vroeër in die water sien dryf, sê Pojie.

“Maar reddingswerkers kon nie by haar uitkom nie. Sy het toe onder die water verdwyn.”

Die lykskouing op die ma sou Maandag gedoen word.

“Die voertuig gaan nie in die stadium uit die see herwin word nie,” sê Pojie.

Die meisie se pa kon nie Maandag vir kommentaar bereik word nie. Sy werksplek het Maandag gesê hy is nog nie terug by die werk nie.

Die plek waar die Fiat Donderdag oor die afgrond is, is presies waar Heidi Scheepers (35) van Heroldsbaai en haar kinders, Hugo (2) en Cozette (6), op 22 Oktober 2019 in hul Volkswagen Caravelle oor die afgrond is, asook waar drie jong inwoners van George, Werner Finger (20), MarNic Els (20) en Luandro Jansen (21), op 15 November 2015 in die vroeë oggendure dood is toe die Toyota Hilux-bakkie waarin hulle gery het, oor die afgrond gestort het.

Die voertuig gaan nie in die stadium uit die see herwin word nie.

In Desember 2019 is nog ’n vrou verder op in dieselfde pad oor die afgrond in ’n voertuig en so ook nog ’n man in Januarie 2020.

Pojie sê die geregtelike doodsondersoek na die Scheepers-voorval is nog nie afgehandel nie en duur voort.

Meer oor:  Heroldsbaai  |  Voëlklip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.