Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Polisie kry lykskouings se uitslag

Die polisie het die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag van Heidi Scheepers (35) en haar seuntjie, Hugo (2), van Heroldsbaai ontvang.

Etienne en Heidi Scheepers met Cuzette (6) en Hugo (2). Foto: Facebook/Heidi Scheepers

Dit gaan egter nie openbaar gemaak word nie omdat dit deel uitmaak van die polisie se geregtelike ondersoek, sê kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, by navraag.

Scheepers en haar kinders, Hugo (2) en Cuzette (6), het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle oor die afgrond gestort.

Scheepers-hulle het verdwyn nadat hulle vroeër die dag saam met haar man, Etienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op die strand in Heroldsbaai was.

Die voertuig is op 23 Oktober met laagwater gevind.

Hugo se lyk is op 24 Oktober gevind en Heidi s’n twee dae later. ’n Voorlopige lykskouingsverslag, wat getoon het hulle het verdrink, is deur die polisie bekend gemaak.

Dit is onbekend waarom hulle op daardie pad was. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en volgens die polisie word geen misdaad vermoed nie. Cuzette se lyk is nog nie gevind nie.

* Op 3 Desember het die rooi Chevrolet Spark van Zonita Basson, ’n makelaar van George, omstreeks 21:30 oor die afgrond by die Voëlklip-uitkykpunt by dié vakansiedorp gestort, sowat 1 km van die plek waar Scheepers-hulle ook oor die afgrond gestort het.

’n Lid van die publiek het die polisie gebel toe hy die motor, nog met die ligte aan, oor die afgrond gesien stort het.

Die polisie se duikeenheid, die EMS-nooddienste, patologie-dienste en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is dadelik soontoe om te kyk of die motor uit die see gehaal kon word.

Basson se lyk is op 4 Desember vroegoggend in ’n rotsskeur in die see opgemerk en met ’n helikopter opgepik. Die motor gaan nie herwin word nie.

Die polisie vermoed geen misdaad nie. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.