Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Polisie ‘ondersoek nié moord’

Die polisie sê ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen en dat geen klagte van moord ondersoek word in die dood van Heidi Scheepers (35) en haar seuntjie, Hugo (2), nie.

Die naweek was daar bewerings op Facebook dat die polisie klagte van moord ondersoek.

Hierdie foto-samestelling op die Facebook-groep “In Memory of Heidi Scheepers and Children” wys Heidi Scheepers en haar kinders, Hugo en Cuzette, op Heroldsbaai se strand. Foto: Facebook/In Memory of Heidi Scheepers and Children

Heidi en haar twee kinders, Hugo en Cuzette (6), het op 22 Oktober vermis geraak nadat hulle glo laatmiddag op Heroldsbaai se strand was. Haar man, Ettienne Scheepers, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, was saam met hulle, maar het toe glo na die winkel gestap om sy eie motor te gaan haal. Toe sy vrou en kinders nie by die huis opdaag nie, het hy hulle as vermis aangemeld.

Die Volkswagen Caravelle waarin Heidi-hulle gery het, is op 23 Oktober met laagwater in die see by Voëlklip, ’n hengelplek naby Heroldsbaai, gevind waar dit tussen 100 en 120 m (volgens die polisie) oor ’n afgrond gestort het.

Hugo se lyk is op 24 Oktober in sy motorstoeltjie gevind waar dit in die see naby die motorwrak gedryf het. Die motorwrak is verlede Donderdagaand uit die see opgehys.

Heidi se lyk is op 26 Oktober uit die see gehaal nadat iemand dit daar sien dryf het. Die soektog na Cuzette gaan voort, maar word stelselmatig afgeskaal, het die polisie vroeër gesê.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê by navraag aan Netwerk24 geen klag van moord word deur die polisie ondersoek nie. Die bewerings daaroor is skynbaar die afgelope naweek deur iemand op Facebook gemaak. Slegs ’n geregtelike doodsondersoek word gedoen, sê hy.

Maandag is ’n Facebook-groep “In Memory of Heidi Scheepers and Children” op die been gebring. Die blad se stigter, Tess Matthews, ’n toeroperateur volgens haar Facebook-profiel, sê op die blad dit is geskep sodat almal hul boodskappe van medelye daar kan skryf.

* Die Eden-gemeente in George, waarvan die Scheepers-gesin lidmate is, het vroeër by navraag oor die begrafnisreëlings vir Heidi en Hugo gesê ’n diens sal op Saterdag gehou word. Die tyd is nog nie bekend nie.

* Dit is steeds onbekend waarom Heidi en die kinders hulle op die Voëlklip-pad bevind het. Ettienne Scheepers het verlede Dinsdag in ’n eksklusiewe onderhoud met die plaaslike koerant George Herald gerugte van huweliks- of finansiële probleme ontken.

’n Regsverteenwoordiger van die familie het vroeër by navraag aan Netwerk24 gesê “ ’n familielid” sou net aan ’n sekere mediahuis ’n verklaring doen. Hy het geen redes hiervoor gegee nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.