Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Soektog na Cuzette afgelas

Die soektog na Cuzette Scheepers (6) van Heroldsbaai in die Suid-Kaap is afgelas.

Heidi Scheepers

Polisieduikers en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) bly egter op bystand, sê kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder.

Cuzette, haar boetie, Hugo (2), en hul ma, Heidi Scheepers (35), het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle verdwyn nadat hulle op die strand by Heroldsbaai was. Die Caravelle is die volgende dag met laagwater in die see by Voëlklip buite Heroldsbaai gevind. Dit het vermoedelik die vorige dag oor ’n afgrond gestort.

Hugo se lykie is op 24 Oktober gevind en Scheepers s’n twee dae later. Cuzette word egter nog vermis.

’n Diens vir al drie is Saterdag by die Eden-gemeente in George gehou.

Dit is nie bekend waarom Scheepers-hulle op daardie pad was nie. ’n Geregtelike doodsondersoek word gedoen en volgens die polisie word geen gemene spel vermoed nie. ’n Voorlopige lykskouingsverslag het getoon Scheepers en Hugo het verdrink.

Na verneem word, het Scheepers in 2003 ’n skoonheidskursus aan Damelin in Bloemfontein voltooi. Sy was blykbaar ’n slim, stil student wat die kursus geslaag het sonder om enige van haar vakke te herhaal.

’n Facebookgroep, In Memory of Heidi Scheepers and Children, wat op 4 November begin is, het teen Woensdagmiddag al byna 1 000 lede gehad.

Cuzette Scheepers
Hugo Scheepers

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.