Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Soektog na kind (6) ‘afgeskaal’

Die soektog na die vermiste Cuzette Scheepers (6) van Heroldsbaai in die Suid-Kaap word stelselmatig afgeskaal.

Cuzette, haar ma, Heidi (35), en haar boetie, Hugo (2), het verlede Dinsdag verdwyn nadat hulle laatmiddag saam met haar man, Ettienne Scheepers, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, op Heroldsbaai se strand was.

’n Vroeëre foto van die Scheepers-gesin: Ettienne, Heidi, Cuzette en Hugo as ’n baba. Foto: Facebook/Ettienne Scheepers

Hy is nie saam met hulle daar weg nie, maar sou blykbaar sy motor by die kafee gaan haal. Heidi-hulle het nooit by die huis opgedaag nie en hy het die polisie in kennis gestel.

Die Volkswagen Caravelle waarin sy gesin gery het, is verlede Woensdag met laagwater in die see in die Voëlklip-gebied naby Heroldsbaai gewaar. Die voertuig het klaarblyklik oor die afgrond van tussen 100 m en 120 m na benede gestort.

Hugo se lykie is verlede Donderdag gekry in sy karstoeltjie, waar dit in die see naby die motorwrak gedryf het. Die wrak is dieselfde aand uit die see gehaal.

Heidi se lyk is verlede Saterdag in die see gekry.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die soektog na die vermiste meisie word stelselmatig afgeskaal, maar sporadiese patrollies word wel gedoen. Vandeesweek het dit bekend geword dat Heidi en Hugo volgens die lykskouingsverslag weens verdrinking gesterf het. Dit blyk dat die uitslae van toksikologie-toetse wat tydens die lykskouings gedoen is, ingewag word.

* Die Eden-gemeente in George, waarvan die Scheepers-gesin lidmate was, het vandeesweek by navraag oor begrafnisreëlings vir Heidi en Hugo gesê ’n diens sal op 9 November gehou word. Die presiese tyd van die diens is nog nie gefinaliseer nie.

* Dit is nie bekend waarom Heidi haar verlede Dinsdag met haar kinders op die Voëlklip-pad bevind het nie.

Haar man het Dinsdag in ’n eksklusiewe onderhoud met die plaaslike koerant, George Herald, gerugte van huweliks- of finansiële probleme ontken. ’n Regsverteenwoordiger van die familie het vroeër by navraag aan Netwerk24 gesê “ ’n familielid” sou net aan ’n sekere mediahuis ’n verklaring doen. Hy het geen redes verskaf nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.