Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voëlklip-tragedie: Volledige verslag ingewag
Heidi en Cuzette Scheepers. Foto: Facebook/In Memory of Heidi Scheepers and Children

Die polisie wag vir die amptelike uitslag van die volledige lykskouingsverslag van Heidi Scheepers (36) en haar seuntjie, Hugo (2), van Heroldsbaai in die Suid-Kaap.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê by navraag ’n voorlopige uitslag is vroeër bekend gemaak wat toon dat die oorsake van die twee se dood verdrinking was. Die uitslag van die volledige verslag, wat bloed- en toksikologietoetse insluit, word egter nog ingewag.

Scheepers en haar kinders, Hugo en Cuzette (6), het op 22 Oktober in hul Volkswagen Caravelle verdwyn nadat hulle op die strand by Heroldsbaai was.

Die kinders se pa, Ettienne, eienaar van die Heroldsbaai-kafee, was aanvanklik by hulle, maar het Scheepers-hulle glo verlaat om sy motor by die winkel te gaan kry. Hulle het nooit by die huis opgedaag nie en Ettienne het hulle as vermis aangemeld.

Die Caravelle is op 23 Oktober met laagwater in die see by Voëlklip, ’n hengelplek net buite Heroldsbaai, gevind. Dit het vermoedelik die vorige dag tussen 100 m en 120 m (volgens die polisie) oor die afgrond gestort.

Hugo ScheepersFoto: Facebook/In Memory of Heidi Scheepers and Children

Hugo se lykie is op 24 Oktober in sy motorstoeltjie gekry waar dit in die see naby die motorwrak gedryf het.

Die wrak is dieselfde aand uit die see opgehys. Scheepers se lyk is op 26 Oktober by Heroldsbaai uit die see gehaal. Cuzette word nog vermis. Die soektog na haar is intussen grootliks afgeskaal, maar sporadiese patrollies langs die kus gaan voort. ’n Diens vir al drie is Saterdag by die Eden-gemeente in George gehou.

Dit is nie bekend waarom Scheepers-hulle op daardie pad was nie.

Volgens Pojie word ’n geregtelike doodsondersoek soos enige ander polisieondersoek gehanteer. In die Voëlklip-geval word geen misdaad vermoed nie. Nadat die polisie sy ondersoek voltooi het, word die bevindinge aan die direktoraat van openbare vervolging (DOV) voorgelê, sê hy. Dan moet daar bepaal word of iemand aanspreeklik gehou kan word, al dan nie. Afhangend van die DOV se besluit, word die ondersoek dan afgesluit.

Oor ’n brief of boodskap wat Scheepers moontlik kon agtergelaat het, sê Pojie daar was niks.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.