Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voertuig met ma, dogtertjie oor afgrond by Voëlklip

’n Voertuig het Donderdag oor die afgrond by Voëlklip naby Heroldsbaai, buite George, gestort.

Kapt. Malcolm Pojie, ’n polisiewoordvoerder, sê die voorval het omstreeks 12:15 gebeur.

’n Fiat-voertuig met ’n vrou en twee kinders is betrokke. ’n Seun (8) het uitgekom voordat die motor oor die afgrond is. “Hy is lig beseer,” sê Pojie.

Volgens Pojie word die soektog voortgesit na ’n vrou en ’n dogtertjie van tussen twee en drie jaar oud. Hy kon nie bevestig van waar die vrou is nie.

Reddingswerkers was Donderdagmiddag steeds op die toneel.

Meer oor:  Voëlklip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.