Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voetganger op N1 doodgery

’n 53-jarige man is Woensdagaand dood toe hy deur ’n voertuig raakgery is.

Sy lyk is omstreeks 22:40 in die middel van die N1 naby Nelson Mandela-rylaan in Bloemfontein aangetref.

’n Beskadigde wit Mercedes-Benz was enkele meters verder geparkeer.

Volgens ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, was die man reeds dood met paramedici se aankoms.

Die twee insittendes van die motor is volgens Meiring ongeskonde, maar is vir traumabehandeling na die Mediclinic Bloemfontein geneem.

Navrae is aan die polisie gerig wat bygewerk sal word sodra hulle daarop antwoord.

Volgens konst. Masilela Langa, polisiewoordvoerder, word ’n saak van strafbare manslag ondersoek.

Die beskadigde Mercedes-Benz nadat dit ’n voetganger getref het.

Meer oor:  Motorongelukke  |  Padsterftes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.