Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Volkskerk spreek hom uit teen geslagsgeweld

Die Volkskerk van Afrika is van mening dat daar meer gedoen moet word om die regte van vroue en kinders in die land te beskerm en stem saam met die pres. Cyril Ramaphosa dat strafmaatreëls hersien met word sodat oortreders nie borgtog of parool kry nie.

Dit is die kerk se mening ná sy algemene sinodesitting wat van 21 tot 25 September in Oudtshoorn gehou is. Die sinode het hom ook teen gesins- en geslagsgeweld uitgespreek, asook die misbruik van dwelms, veral dagga.

’n Kerkgebou van die Volkskerk van Afrika in Oudtshoorn.Foto: Facebook

“Vir die kerk is die gesin en familie ’n integrale deel van ons gemeenskap. Die kerk as die draer van pastorale waardes is genoodsaak om betrokke te raak en standpunt in te neem teen hierdie gruwel wat ons land lamlê,” lui ’n verklaring van dié kerk met 6 601 belydende lidmate.

“Ons kan nie langer stilbly nie. As lede van die liggaam van Christus weet ons wanneer een lid ly, ly die ander saam. Ons roep alle lede van die liggaam van Christus om saam te sê ‘genoeg is genoeg’. Vroue en kinders is kosbaar en moet gerespekteer word, nie gebruik en misbruik word nie.”

Die Volkskerk het hom tot volle deelname aan en samewerking met burgerlike gemeenskappe verbind vir die herstel van morele waardes, asook vir die integrasie en rehabilitasie van oortreders.

Die Volkskerk het veral ’n sterk teenwoordigheid in die Wes-Kaap, waar daar 13 gemeentes is. Die kerk het ook ses gemeentes in die Oos-Kaap, vyf in die Suid-Kaap en twee in die Noord-Kaap. Hy is ’n geaffilieerde lid by die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, asook die Wêreldraad van Kerke.

Die algemene sinodesitting van September was die tweede een vanjaar en is deur 81 afgevaardigdes van die onderskeie gemeentes bygewoon. Dit was die kerk se 19de sinodesitting en die tema was “Groei met waardigheid en doelgerigtheid”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.