Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Volledige gifkundige ondersoek ná seun se dood

Matthew (17) en Tammy (12) Ingram se bloedmonsters, die klere wat hulle aangehad het toe hulle in die hospitaal opgeneem is, sowel as forensiese bewyse wat binne hul huis gevind is, gaan alles ontleed word vir die samestelling van ’n toksikologiese verslag.

Dié broer en suster is minder as ’n maand na mekaar dood nadat hul gesin in Augustus in hul slaap glo dodelike gifstowwe ingeasem het.

Hul ouers, Stanton en Selina, is ook die aand toe die gesin hospitaal toe geneem is, gehospitaliseer. Hulle is ’n dag later ontslaan.

Matthew is Saterdag in die Greenacres-hospitaal in Port Elizabeth dood, nadat hy vir weke ná Tammy se dood nog aan die lewe geklou het.

Wyle Matthew en Tammy Ingram, saam met hul ouers, Stanton en Selina. Foto: Facebook

Die aand van die voorval het Tammy haar ouers wakker gemaak en gesê sy voel nie lekker nie. Die hele gesin het ernstig siek geword en begin braak.

Daar is bespiegel of ’n gaslekkasie in hul huis die oorsaak was, en later ook of dit dalk verband hou met ’n huis in die woonkompleks naby die Ingram-gesin wat gefumigeer is die dag voordat hulle siek geword het.

Inwoners van die duplekswooneenhede waar die gesin woon, is blykbaar gewaarsku om hul eenhede te ontruim, maar die Ingram-gesin was glo nie hieroor ingelig

nie.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Maandag bevestig dat die forensiese bewyse weggestuur gaan word om ’n toksikologiese verslag te bekom.

Volgens Naidu gaan die ondersoekbeampte in die saak self van die bewysstukke na ’n laboratorium in Silverton, Pretoria, neem.

Dit is onduidelik hoe lank dit sal neem om die toksikologiese verslag af te handel.

Medelye stroom steeds in vir Matthew, en die Westering High School het Maandag die skool se vlag halfstok laat hang.

Natalie Chetty Naidoo, ’n familielid wat met ’n fondsinsameling vir die familie begin het, en wat talle besorgde mense op hoogte gehou het oor Matthew se toestand, sê die gesin is in rou gedompel.

Inwoners sê die mense wat die huis gefumigeer het, of die woonkompleksbestuurders, moet verantwoordelik gehou word vir die kinders se dood, hoewel dit hulle nie gaan terugbring nie.

Andrew Chetty, die familie se woordvoerder, sê Matthew se begrafnis word Saterdag by die Westering High School gehou. ’n Tyd moet nog vasgestel word.

Meer oor:  Tammy Ingram  |  Matthew Ingram  |  Port-Elizabeth  |  Ondersoek  |  Gifkenner  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.