Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voorlopige verslag oor Midrand-vliegongeluk uitgereik

’n Voorlopige verslag is Donderdag deur die Burgerlugvaartowerheid (BLO) uitgereik oor ’n Cessna 172-vliegtuig wat op 8 Oktober in die erf van ’n huis in Vorna Valley, Midrand, neergestort het.

’n 22-jarige leerlingvlieënier is op slag in dié ongeluk dood.

Die wrak van die Cessna 172-vliegtuig wat op 8 Oktober in die erf van ’n huis in Midrand neergestort het.Foto: Verskaf

Die vliegtuig het ook ’n tuinier in die erf getref wat later aan sy beserings dood is.

In die verslag word aangedui dat ’n leerlingvlieënier omstreeks 08:30 met die ligte vliegtuig vanaf die Grand Central-lughawe in Midrand vir ’n solovlug opgestyg het. Die vlieënier wou in ’n kringloop bly om verskeie landing-en-opstyg-sessies te oefen. Die oogmerk van so ’n landing-en-opstyg-sessie is om ’n landing uit te voer met net genoeg tyd op die grond om die vliegtuig weer gereed te kry om op te styg.

Luidens die BLO-verslag het ’n ander vliegtuig, ’n soortgelyke Cessna 172, aan die linkerkant van die aanloopbaan in die kringloop ingekom. Die leerlingvlieënier is deur die beheertoring opdrag gegee om agter dié vliegtuig in te kom en na regs te swenk, maar die beheertoring het teen 09:17 ondanks herhaaldelike pogings alle kontak met haar verloor.

Die wrak van die vliegtuig is later in die agterplaas van ’n huis in Vorna Valley gevind.

In die BLO-verslag word daar aangedui dat die oorledene teen 8 Oktober ’n totaal van 36,4 vlieguur voltooi het, waarvan 2 uur solovlugtyd was, en 34,4 vlieguur opleidingstyd saam met ’n vlieginstrukteur.

Die vlieginstrukteur het in een van hul opleidingsessies saam ’n aantekening gemaak dat die leerlingvlieënier in ’n stadium met die finale aanloop om die vliegtuig te land, voor die kontrolepaneel gevries het. Dit beteken dat die leerlingvlieënier eerder op die syfers voor haar op die paneelbord gefokus het, sonder om na die aanloopbaan te kyk, wat in die meeste gevalle tot ’n verlies aan diepte-perspektief lei en dan ’n “harde landing” tot gevolg het. Die BLO se ondersoek na die ongeluk duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.