Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Voormalige joolkoningin sterf kort voor verjaardag

’n Kovsie-joolkoningin van 1961 en oudredaksielid van Volksblad is 10 dae voor haar 78 ste verjaardag dood.

Helena Marais is Vrydag in haar huis in Pretoria dood waar sy en haar man, Wikus, gewoon het.

Wikus en Helena Marais.Foto: Verskaf

Helena het drie jaar gelede ’n beroerte gehad en was voor haar dood in ’n rolstoel.

Marais sê hy en sy vrou het ’n vol lewe geleef en hy koester al hul herinneringe saam.

Helena, wat in 1959 aan die Hoër Meisieskool Oranje gematrikuleer het, was ’n Vrystater in murg en been, hoewel sy die grootste deel haar getroude lewe in Gauteng deurgebring het.

Sy en haar suster, Josandra, is twee jaar ná mekaar, in 1961 en 1962, as die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) se joolkoningin gekroon.

Die destydse kwartaallikse skakelblad van Kovsies, Die Bult, het in Januarie 1985 berig van die “twee mooiste sussies in die geskiedenis van Kovsies” en hul kroning beskryf as “’n prestasie wat nooit weer geëwenaar sou word nie”.

Helena het ’n groot liefde vir kultuur, skryf en dans gehad, en was dol oor katte.

Sy het gereeld bydraes vir Beeld en die tydskrifte DEKAT en Huis en Tuin gelewer.

“Sy het as kind ballet geneem, maar op sestig het sy besluit om ballroom dancing te bemeester.”

joolkoningin
Helena en Josandra, die twee Louw-susters wat onderskeidelik in 1961 en 1960 die joolkoningin van die Kovsies was. Foto: Verskaf

Marais sê sy vrou was nog al die jare beeldskoon.

Helena word oorleef deur haar man, twee kinders en vyf kleinkinders.

Geen begrafnisreëlings is nog getref nie en Marais sê hy gaan eerder tyd neem om haar en al hul mooi reise saam te onthou.

“As die inperking verby is, sal ons ’n paar mense bymekaar kry, tee gaan drink en Helena se lewe vier.”

Meer oor:  Hoër Meisieskool Oranje  |  Begrafnis  |  Inperking  |  Pretoria  |  Bloemfontein  |  Sterf  |  Jool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.