Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrae nadat ma, 3 kinders dood in dam gekry is

Hoewel dit nie ’n gegewe is nie, dui alles daarop dat selfdood die rede vir die dood van ’n ma en haar drie kinders in die Sterkfonteindam kan wees.

Die lyke van Portia Mkize (35) en haar kinders, Khotso Lephatsa (13), Nyakallo Lephatsa (8) en Bokang Lephatsa (5), is Saterdagmiddag in hul voertuig in dié dam in die Vrystaat gevind. Hulle is van Makwane in Qwaqwa.

Die Toyota Tazz waarin ’n ma en haar drie seuns dood in die Sterkfontein-dam aangetref is. Foto: SAPD

Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, word vermoed hulle het verdrink, maar ’n nadoodse ondersoek sal dit kan bevestig.

Niemand het gesien hoe die voertuig in die water beland nie.

Duikers het Saterdag omstreeks 13:00 die Sterkfontein-natuurreservaat buite Harrismith besoek toe hulle ’n Toyota Tazz in die dam opgemerk het met die vier lyke daarin.

Die polisie is ontbied en ’n private insleepdiens het die motor uit die dam gesleep.

Volgens Mkize se oom Tau Motaung is die oorledenes Vrydagaand laas in die oord opgemerk. Hy vermoed sy niggie het waarskynlik Vrydagaand tot in die dam gery.

Of ’n brand wat Donderdagaand die gesin se huis in Makwane verwoes het, verband hou met die voorval by die dam, is onduidelik.

Die Tazz word uit die dam gesleep. Die polisie ondersoek nog hoe die vier oorledenes en die voertuig in die dam beland het. Foto: SAPD

Volgens Motaung was dinge nie pluis tussen Mkize en haar eksman, van wie sy sowat vier jaar gelede geskei is, nie.

“Sy het weer toenadering by hom gesoek en gesê sy sukkel om die kinders alleen groot te maak.

“Niemand weet presies wat tot die brand aanleiding gegee het nie. Haar eksman was nie tuis nie. Sy Toyota Siyaya-minibustaxi wat in die motorhuis was, is vernietig.

“Portia het hom Vrydag probeer bel, maar kon hom nie in die hande kry nie,” het Motaung gesê.

“Dis jammer daar was nie sekuriteit by die oord teenwoordig of ’n veiligheidsmeganisme om so iets te probeer voorkom nie.”

Volgens Mbambo is ’n saak van brandstigting geopen. Die polisie probeer vasstel of die brand en die voorval by die dam met mekaar verband hou en of daar ’n motief is.

Meer oor:  Dam  |  Moord  |  Polisie  |  Misdaad  |  Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.