Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrae oor egtheid van video van SA gyselaar in Sirië

Gift of the Givers het Dinsdag ’n verklaring uitgereik nadat ’n tweede video van die ontvoerde Suid-Afrikaanse fotojoernalis Shiraaz Mohamed opgeduik het.

Daar bestaan twyfel oor die egtheid van dié video, sê die noodleningsorganisasie.

Mohamed word al meer as twee jaar as gyselaar in Sirië aangehou, nadat hy in Januarie 2017 op pad terug na die Turkse grens gevange geneem.

Hy het Gift of the Givers vergesel om in die oorloggeteisterde land foto's te gaan neem.

Die ontvoerders is glo verdeeld oor sy lot.

Hulle het meer as twee weke gelede $1,5 miljoen (sowat R21 miljoen) geëis nadat ’n gyselaarsvideo gestuur is as bewys dat Mohamed nog lewe.

Shiraaz MohamedFoto: Argief

Van hulle wil hom egter glo onvoorwaardelik vrylaat.

Dr. Imtiaz Sooliman, bestuurder van Gift of the Givers, het Dinsdag in ’n verklaring gesê daar is nog nie uitsluitsel oor die ontvoerders se besluit nie.

Die middelman

Netwerk24 het vroeër berig Sooliman het gesê Mohamed se familie het nie die geld om die losprys te betaal nie.

Die ontvoerde joernalis werk nie vir ’n groot maatskappy wat met die losprys kan help nie en die regering gaan ook nie betaal nie.

Sooliman sê in die verklaring nadat die losprys geëis is, het die organisasie op 5, 6, 8, en 12 Mei met die bemiddelaar gekommunikeer.

“Die bemiddelaar is baie knap en begrypend en sê hy probeer die ontvoerders oorreed om Shiraaz onvoorwaardelik vry te laat.”

Sooliman sê hulle het nie probeer onderhandel om die losprys te verlaag nie, aangesien dit verwagtinge skep.

Die bemiddelaar het uit eie inisiatief glo die regerings van twee lande in die Midde-Ooste genader om met die betaling van die losprys te help.

Die regerings het geweier.

Volgens Sooliman sê die bemiddelaar die werklike bron van kommer is Russiese bomaanvalle in die gebied wat Mohamed se lewe in gevaar stel.

Volgens die bemiddelaar word kommunikasie met die ontvoerders ingewikkelder weens die bomaanvalle.

Hulpkreet

In die onduidelike tweede video wat 4 Mei op YouTube geplaas is, pleit ’n man wat sê hy is Mohamed om hulp van sy familie en vriende, die president, die regering en Sooliman.

Hy sê daar is van hom vergeet.“My situasie raak al hoe erger.

Ek het twee aanvalle van die Russiese lugmag oorleef.

Ek weet nie wat ’n derde keer sal gebeur nie. Ek het julle hulp nodig. Kry my asseblief hier uit,” sê die man in die video.Sooliman sê die tweede video lyk soos ’n aangepaste weergawe van die eerste video.

“Ons het navraag gedoen by die individu wat die eerste video aan ons gestuur het. Hy was baie verras om van die tweede video te hoor en was nie daarvan bewus nie.”

Sooliman sê die bemiddelaar het Dinsdag ’n boodskap aan die ontvoerders gestuur om uit te vind wie vir die tweede video verantwoordelik is en wat die doel is.

* Ndivhuwo Mabaya,’n woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking, wou nie kommentaar lewer op Netwerk24 se navraag oor die tweede video nie.

Meer oor:  Gift Of The Givers  |  Shiraaz Mohamed  |  Ontvoering  |  Gyselaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.