Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrae oor skets van ‘Melville-skieter’
Polisielede by die restaurant Poppy’s in Melville ná die skietvoorval op Nuwejaarsdag. Foto: Getty Images

Die polisie in Gauteng het Maandag benadruk dat hy nie ’n skets van die vermeende skieter op Nuwejaarsdag in Melville uitgereik het nie. Die skets is wel in die media versprei.

’n Aanvaller in ’n swart BMW-sportnutsvoertuig het omstreeks 01:00 vir Samantha Basdew en Liana Petersen voor die restaurant Poppy’s in dié deel van Johannesburg doodgeskiet. Ses mense is ook gewond, onder ander die akteur Mortimer Williams, wat in sy heup getref is.

Die Saturday Star het op 8 Februarie berig dat die gesigsrekonstruksie-spesialis Jeanette Naude dié skets gegrond het op beeldmateriaal van kringtelevisie wat ten tyde van die skietvoorval geneem is.

Sy het toe aan die koerant gesê dat daar ’n “element van bespiegeling aan haar werk” is, maar dit is gegrond op dekades se werk met die polisie.

In die skets is ’n man met ’n hoed of fietsryhelm aan en ’n stokkielekker of sigaret in sy mond.

Sedert die foto op sosiale media gedeel is, het mense egter gevra waarom dit lyk asof die man ’n fietsryhelm dra as hy in die beeldmateriaal op kringtelevisie in ’n voertuig ry en sy kop ietwat by die ruit uitsteek, berig News24.


Meer oor:  Melville  |  Johannesburg  |  Skietery  |  Nuwejaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.