Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotor ry in betogers vas
Drie mense, onder wie twee ernstig, is in die ongeluk beseer. Foto: eBlockwatch
Vragmotors en motors was in die botsing betrokke. Foto: eBlockwatch

’n Vragmotor het in ’n #SwartMaandag-betoging op die N4-snelweg sowat 5 km buite Middelburg in Mpumalanga in ’n groep betogers vasgery.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê drie mense, onder wie twee ernstig, is in die botsing beseer.

Volgens hom het tien voertuie en drie vragmotors die een kant van die pad heeltemal versper toe nooddienswerkers omstreeks 10:40 by die toneel opgedaag het.

Verskeie voertuie het langs die pad op die gras omgeslaan.

Ian Cameron, veiligheidshoof van AfriForum, sê die vragmotor het nie opsetlik in die betogers vasgery nie, maar het beheer oor die voertuig verloor.

Die pad is gesluit weens ondersoeke en opruimings.

Die ongelukstoneel net buite Middelburg. Foto: eBlockwatch
Meer oor:  Middelburg  |  Mpumalanga  |  Vragmotor  |  Betogers  |  #Swartmaandag  |  Ongeluk  |  Optog  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.