Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotor ry van brug af

’n Vragmotorbestuurder is met ligte beserings in ’n hospitaal opgeneem ná ’n ongeluk Saterdagoggend vroeg op die N4-hoofweg in Witbank.

Die hoofweg was Saterdagoggend geruime tyd vir verkeer gesluit nadat die bestuurder met sy vragmotor van ’n brug af gery het. Die vragmotor is erg beskadig.

Moeti Mmusi van die departement van veiligheid in Mpumalanga sê niemand anders is beseer in die ongeluk wat omstreeks 06:30 plaasgevind het nie.

Hy sê die pad is intussen oopgestel vir verkeer.

Die wrak van die vragmotor ná die ongeluk vroeg Saterdagoggend op die N4-hoofweg in Witbank.Foto: SA Long-distance Truckers/Facebook

Meer oor:  Padongelukke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.