Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotor 'sonder brieke' ry werker dood
Foto ter illustrasie.Foto: André Damons

Die polisie in Rouxville in die Vrystaat wag vir die uitslag van toetse wat op ’n vragmotor gedoen is nadat die voertuig se remme glo onklaar geraak het en ’n werker by ’n stop-en-ry-punt in die dorp doodgery is.

Siphokazi Cawe (29), ’n werker op die pad tussen Rouxville en Smithfield, is op die toneel dood nadat die vragmotor, wat ook by die padverbouings betrokke is, haar verlede Woensdag omstreeks 17:00 getref het.

Cawe het gehelp om motoriste met ’n vlag te waarsku oor die bouwerk aan die pad.

Sers. Yanga Ngcukana, polisiewoordvoerder, sê vier ander voertuie het by die stopteken van die stop-en-ry-punt gewag toe die ongeluk gebeur het.

Die bestuurder van die vragmotor is na ’n plaaslike hospitaal gebring waar hy vir skok behandel is.

Volgens hom beweer die bestuurder van die vragmotor, wat rotse vervoer het, die vragmotor se remme het onklaar geraak, waarna hy uitgeswaai het in ’n poging om ’n botsing met die ander voertuie te voorkom.

Die vragmotor het oor Cawe gery. Sy is ernstig beseer en is op die toneel dood verklaar.

Die bestuurder van die vragmotor is na ’n plaaslike hospitaal gebring waar hy vir skok behandel is. Die polisie het ’n verklaring van hom geneem.

Ngcukana sê ’n klag van strafbare manslag word ondersoek en kundiges het die vragmotor se remme ondersoek om te bepaal of dit wel onklaar geraak het.

Meer oor:  Rouxville  |  Ongeluk  |  Vragmotor  |  Dood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.