Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotor tref motor van bo; vrou ernstig beseer
’n 26-jarige vrou is ernstig beseer nadat ’n vragmotor van bo af op haar voertuig in Port Elizabeth beland het. Foto: Netcare 911

’n Jong vrou is Dinsdagmiddag ernstig beseer nadat ’n vragmotor op die dak van ’n motor te lande gekom het.

Die vrou was vermoedelik die bestuurder van die motor.

Die vragmotor het oor die rand van ’n steil helling gery en na onder geval waar dit die motor reg van bo getref het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê hulle het omstreeks 14:50 op die botsing in Diazweg in Millard Grange, Port Elizabeth, gereageer.

Die brand-en-reddingsdiens het noodreddingstoerusting gebruik om die vrou uit die wrak te bevry.

Gevorderde noodbehandeling is op die 26-jarige vrou toegepas, sê Herbst.

Nadat sy gestabiliseer is, het ’n ander private ambulansdiens haar na die hospitaal gebring.

Volgens Herbst dui verslae van die toneel aan dat die vragmotorbestuurder beheer verloor het en die vragmotor van bo op die motor beland het.

Die ongelukstoneel Dinsdagmiddag. Foto: Netcare 911
’n Vragmotorbestuurder het glo beheer verloor en die voertuig het ’n ander motor van bo getref. Foto: Netcare 911
Meer oor:  Port Elizabeth  |  Voertuig  |  Ongeluk  |  Motor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.