Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotors brand, N1 by Beaufort gesluit

Die N1 tussen Drie Susters en Beaufort-Wes was Saterdagaand in albei rigtings gesluit nadat twee vragmotors reg van voor gebots het. Albei voertuie was aan die brand langs die pad.

Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, het om 22:00 gesê die brandweer was nog op pad na die toneel, sowat 20 km voor Beaufort-Wes.

Daar was mense in die vragmotors en hulle is glo nog vasgekeer. Hul toestand was onbekend. Weens die hewige vlamme kon niemand aanvanklik naby die voertuie kom nie.

Africa het later bevestig minstens drie mense is dood: 'n kind, 'n vrou en een van die bestuurders. 

Africa sê daar was ook ’n noodlottige ongeluk naby Macassar op die N2 in die rigting Kaapstad. Vier mense is dood toe ’n voertuig naby die Macassar-brug omgeslaan het.

Die polisie, ambulans en reddingspanne is nog op die toneel. Die N2 se een baan was gesluit.

ongeluk, macassar
Die wrak van die motor wat in die ongeluk in Macassar was.

Twee vragmotors in ligte nadat hulle in ’n botsing op die N1 betrokke was. Foto: Verskaf
Die vlamme het dit onmoontlik gemaak vir nooddienswerkers om naby die insittendes, wat nog in die voertuie vasgekeer is, te kom. Foto: Verskaf
Die N1 was weens die ongeluk in albei rigtings gesluit. Foto: Verskaf
Brandende wrakstukke van die vragmotors langs en op die N1 naby Beaufort-Wes. Foto: Verskaf

Meer oor:  Beaufort-Wes  |  Ongeluk  |  N1  |  Vragmotors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.