Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
‘Vreemde’ kat kuier by gesin

Frik en Charlise Steenberg van Bloemfontein het vir die afgelope sowat twee maande ’n ongewone nagtelike gas.

Die muskeljaatkat, Kerneels, kuier die afgelope twee maande saans by Frik en Charlise Steenberg in Waverley, Bloemfontein. Foto: Verskaf

’n Muskeljaatkat, wat hulle sedertdien Kerneels gedoop het, kom kuier nou elke aand in die egpaar se erf in Waverley.

Frik vertel hoe Charlise die “vreemde” kat in hul agterplaas gewaar het.

“Ek het gaan kyk en besef dit is nie net ’n normale huiskat nie, maar wel ’n muskeljaatkat,” sê hy.

Die kat het in die verlede elke derde aand by die Steenbergs se huis opgedaag, maar omdat daar nou minder gereeld lig is om hom af te skrik weens beurtkrag, is hy elke aand daar.

“Ons het hom nog nie probeer voer nie, maar het hom wel ’n naam gegee,” sê Steenberg.

Volgens hom is die duiwe in die groot palmboom op die erf mak en kom Kerneels in die aand daar jag. Muskeljaatkatte is glad nie gewelddadige diere nie en baie van hul gedrag sal lyk na die van ’n gewone huiskat.

Jurie du Plessis, soogdierkundige van die Nasionale Museum in Bloemfontein, sê dit is nie ongewoon om dié katte naby menslike nedersettings en in beboude gebiede te sien nie. Hulle word gewoonlik in ’n bosagtige habitat aangetref omdat dit skuiling bied.

“Ons het twee rekords in die museum se databasis waar hulle by aangrensende dele van Naval Hill en in tuine naby die Universitas-woonbuurt aangetref is,” sê Du Plessis.

Ons het twee rekords in die museum se databasis waar hulle by aangrensende dele van Naval Hill en in tuine naby die Universitas-woonbuurt aangetref is.

Muskeljaatkatte kom wydverspreid oor Suid-Afrika voor, maar veral in die westelike dele van KwaZulu-Natal.

Hy sê die diere is nie bedreig nie en is meestal aktief in die aand.

Muskeljaatkatte vang ook graag rotte en insekte en eet tot ’n mindere mate plantmateriaal. Dit is onseker hoe oud hulle in die natuur word, maar in aanhouding leef hulle soms langer as 20 jaar.

Meer oor:  Frik Steenberg  |  Charlise Steenberg  |  Bloemfontein  |  Kerneels  |  Kat  |  Muskeljaatkat
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.