Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou (20) wat van boot val se oorskot gekry

Polisieduikers het Sondagmiddag die oorskot van ’n vrou gekry wat Woensdagaand van ’n boot in die Nandoni-dam buite Thohoyandou afgeval het.

Die oorskot van ’n vrou wat in die Nandoni-dam buite Thohoyandou in Limpopo verdrink het, is Sondag gekry. Foto: SAPD

Daar was sedert Donderdag ’n reusesoektog na Rolivhuwa Mbedzi (20), nadat sy Woensdag ná 18:00 van die boot geval het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Mbedzi en nog twee mense was vir ’n pretrit op die dam.

Die polisie se soektog is bemoeilik omdat die dam vol krokodille is. Mojapelo sê dit was te gevaarlik vir die polisie se duikers om in die dam na die vrou te soek.

Hulle het bootjies gebruik om die dam te deurkruis op soek na enige oorskot.

Honde van die polisie se soek-en-reddingseenheid is ook ingespan om na die vrou te soek.

Mojapelo sê Mbedzi se oorskot is Sondag gesien waar dit op die dam se oppervlak gedryf het.

Gemeenskapslede het die polisie gehelp om die oorskot uit die boot na die oewer te dra.

Mojapelo sê die polisie is bekommerd oor die skerp toename in verdrinkings in Limpopo sedert verlede maand.

Sedert die begin van Oktober het tien mense in damme en riviere in die provinsie verdrink.

’n Lid van die polisie se forensiese eenheid langs die Nandoni-dam waar na ’n vrou wat verdrink het, gesoek is. Foto: SAPD
Mense van ’n gemeenskap langs die Nandoni-dam in Limpopo help die polisie om die oorskot van ’n vrou wat verdrink het te dra. Foto: SAPD
Polisieduikers van Limpopo het Sondag die oorskot van ’n vrou wat in die Nandoni-dam verdrink het, gekry. Foto: SAPD

“Die reënseisoen het begin en die damvlakke gaan styg. Water in rivier sal begin vloei wat tot nog verdrinkings kan bydra.”

Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om versigtig te wees wanneer hulle in damme en riviere, wat meestal vol krokodille en seekoeie is, baljaar.

“Al hoe meer mense vaar op die Nandoni-dam. Mense moet lewensreddingsbaadjies aanhê wanneer hulle op bote klim.”

Bel die polisie se noodnommer, 10111, vir hulp.

Meer oor:  Thohoyandou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.