Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou (46) in motor gekry waar sy versmoor

’n Ondersoek is aan die gang na die dood van ’n 46-jarige vrou van Heilbron in die Vrystaat wat met asemnood in ’n toegesluite voertuig aangetref is.

Kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die polisie is Vrydagmiddag om 12:50 ingelig dat die vrou in haar voertuig in Myronstraat naby die Tokollo-hospitaal op die dorp flou geword het.

“Toe lede van die nooddienste daar aankom, was sy in die toegesluite voertuig en het erg gesukkel om asem te haal. Hulle het ’n ruit gebreek om haar uit te kry.”

Volgens Mbambo is sy in die Tokollo-hospitaal op die dorp opgeneem waar sy later dood verklaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.