Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou (47) dood aan Covid kort voor sy ontslaan sou word

’n Ma (47) van drie seuns wat gereed was om huis toe te gaan nadat sy vir Covid-19 in die hospitaal behandel is, het kort daarna bloeding op die brein gekry en gesterf.

Lee-Ann Grindrod, vrou van die oudpolitikus Simon Grindrod, het Donderdag vir hom gesê hy moet solank haar tas huis toe neem, want sy gaan ontslaan word en is beter, maar is toe Vrydagaand dood.

Grindrod het Saterdag die nuus van haar afsterwe op Twitter gedeel en gesê sy hart is gebreek oor sy liewe vrou, Lee-Ann, die geliefde ma van hul seuns. Sy is oorlede ná ’n heldhaftige stryd teen Covid-19, het hy geskryf.

Patricia de Lille, minister van openbare werke en ’n oudkollega van Grindrod toe hulle saam aan die destydse Onafhanklike Demokrate-party verbonde was, het Saterdagaand gesê Lee-Ann het nadat sy siek geword het eers na haarself by die egpaar se huis in Somerset-Wes omgesien. Toe sy kla van ’n pyn op haar bors, het Grindrod, wat ’n hotelbestuurder in Nigerië is, gesê sy moet liewer hospitaal toe gaan.

Grindrod het Maandag besluit om dadelik terug te vlieg Kaapstad toe, volgens De Lille.

De Lille sê sy het met Grindrod gepraat en hy het vertel dat Lee-Ann Donderdag gesê het hy kan solank haar tas huis toe vat, sy gaan ontslaan word.

“Ons is almal so geskok. Sy het beter geword,” sê De Lille.

Lee-Ann is volgens De Lille in die Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes behandel.

Ons is almal so geskok. Sy het beter geword.
Patricia de Lille

Intussen stroom boodskappe van medelye vir Grindrod en die gesin in nadat hy die nuus bekend gemaak het. Die egpaar het ’n tienjarige seun en Lee-Ann het twee seuns uit ’n vorige verhouding.

“Hi, Simon, ek kan nie eens dink aan die pyn vir die seuns nie. Jy moet nou hul steunpilaar wees,” lui die een boodskap.

Op Lee-Ann se Facebook-blad skyf ’n vriendin dat Lee-Ann die laaste ses weke in hul gesprekke gefokus was op haar geloof in God. “Jy het die pad saam met my geloop totdat ek herstel het van Covid. Jy het rigting gegee en so hard vir my gebid dat ek jou liefde en toewyding aan God gevoel het. Die ironie ontgaan my nie,” skryf die vriendin.

“Ek weet uit ons gesprekke dat jou geloof so sterk soos ’n rots was. Jy sou my aanspreek indien ek God bevraagteken. Ek is so kwaad dat jou lewe op aarde so kort was,” lui die vriendin se boodskap verder.

Meer oor:  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.