Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou (63) dood ná seekoei-aanval

’n 63-jarige vroue is dood nadat sy deur ’n seekoei in die Malamulele Vhembe-distrik in Limpopo aangeval is.

Thabo Mokone, LUR vir ekonomiese ontwikkeling, omgewing en toerisme, sê in ’n verklaring die aanval het Woensdagaand gebeur toe inwoners gesien het hoe die seekoei en haar kalfies verby hulle beweeg.

“Die inwoners was verbaas en het uit nuuskierigheid die diere agterna gesit,” het Mokone gesê.

Hoewel die presiese omstandighede onduidelik is, het die seekoei waarskynlik net probeer om haar kalfies te beskerm en die mense aangeval. Die inwoners kon “gelukkig ontsnap”, maar een vrou was nie so gelukkig nie. ’n Span omgewingsbewaarders is gestuur om die seekoeie te vind en na ’n gepaste omgewing te verskuif.

Mokone het ’n beroep op mense gedoen om versigtig te wees wanneer hulle wilde diere teëkom. “Die owerhede moet dadelik in kennis gestel word wanneer ’n wilde dier gewaar word.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.