Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou aan hartaanval dood ná huisbrand

’n Vrou (38) is Sondagaand dood ná ’n brand by ’n huis in Richmond, KwaZulu-Natal.

Sy is by ’n plaaslike kliniek vir rookinaseming behandel, toe sy glo ’n hartaanval gekry het.

Nooddienste
Nooddienste op die toneel. Foto: Netcare911

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, is ’n ambulans omstreeks 22:30 ontbied na ’n huis in Russelstraat.

Hy sê in ’n verklaring mense op die toneel het laat weet ’n vrou het ligte brandwonde opgedoen en rook ingeasem, maar teen die tyd wat die ambulans opgedaag het, is sy reeds in ’n ernstige toestand na ’n plaaslike kliniek geneem.

“Die ambulans is na die kliniek waar die vrou ’n hartaanval gekry het. Pogings deur die kliniekpersoneel om haar by te bring was nie suksesvol nie,” sê Herbst.

Meer oor:  Richmond  |  Hartaanval  |  Huisbrand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.