Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou beseer nadat motor haar tref

’n Vroulike voetganger is Maandag ernstig beseer toe sy deur ’n motor in die Dutoitskloofpas op die N1 in die Wes-Kaap raak gery is.

Luidens ’n verklaring van ER24 is die vrou, vermoedelik in haar 20’s, deur ’n ligte voertuig getref.

Toe ER24-paramedici, tesame met die Metro-nooddienste, op die toneel aankom, was ’n ander private nooddiens reeds daar.

Die vrou is deur die paramedici op die toneel ondersoek. Hulle het bevind dat sy verskeie beserings opgedoen het. Haar toestand is as kritiek bestempel. Sy het die nodige behandeling ontvang en is per lugambulans na die Tygerberg-hospitaal vervoer.

Die bestuurder van die motor is nie beseer nie.

Die ongeluk word deur plaaslike owerhede ondersoek.

Meer oor:  Raakgery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.