Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou beseer nadat motor trein tref

’n Middeljarige vrou is Dinsdagoggend beseer toe haar motor by ’n spooroorgang tussen Klapmuts en die Paarl teen ’n trein gebots het.

ER24-paramedici het omstreeks 10:41 op die toneel aangekom en die voertuig op die treinspoor naby die trein gevind.

Die toneel van die spoorongeluk naby die Paarl.Foto: Johané Scott/Paarl Post

Russel Meiring, ER24 woordvoerder, sê die vrou wat vermoedelik in haar 50’s is, was in die voertuig vasgekeer.

Metro-reddingsdienste moes gespesialiseerde reddingstoerusting gebruik om die vrou uit die voertuig te bevry.

“Die vrou is vir haar beserings behandel en is na ’n nabygeleë hospitaal geneem,” sê Meiring.

Intussen het Metrorail bevestig dat van hul treindienste ná die botsing tydelik ontwrig was.

Riana Scott, Metrorail-woordvoerder, sê dat die oorsaak van die ongeluk steeds onbekend is en dat ’n ondersoek van stapel gestuur is.

“Die onmiddellike uitwerking van die ongeluk was dat trein #3513 gekanselleer moes word en dat alle Wellington-treine by die Kraaifontein-stasie moes stop. Pendelaars moes gevolglik alternatiewe vervoer gebruik terwyl die toneel opgeruim is.”

Scott sê dat die totale skade wat veroorsaak is eers bekend sal wees nadat Prasa-beamptes die skade bepaal het.

“Die spoorlyn is om 13:17 opgeruim en die treindienste kon hervat word.”

Meer oor:  Paarl  |  Klapmuts  |  Botsing  |  Trein  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.