SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou danksy pienk reddingsboei uit see gered

Danksy die dapperheid van omstanders en ’n piek reddingsboei is die lewe van ’n 18-jarige vrou in die see by Hartenbos gered.

Een van die pienk reddingsboeie wat die NSRI op strande beskikbaar stel om swemmers wat in die moeilikheid beland te help.Foto: Facebook

’n Man het die branders Donderdagmiddag getrotseer om die vrou te red nadat ’n sterk seestroom haar meegesleur het.

Nog ’n vrou wat op die strand was, Thea Marx, het ook ingespring om met die reddingspoging te help, sê

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI).

“Toe haar kop onder die water verdwyn en die man inspring om haar te help, het ek besluit om ook te help,” sê Marx.

Sy het ’n pienk reddingsboei wat die NSRI op verskeie strande soos Hartenbos beskikbaar stel, gegryp en tot by die man en vrou in die see geswem.

“Ons is almal deur die seestroom meegesleur en het die reddingsboei gebruik om mee te dryf. Dit was baie uitputtend,” sê Marx.

Die drie het met moeite uit die seestroom gekom en veilig op die strand uitgekom. Niemand is beseer nie.

Die jong vrou wat byna verdrink het, is ’n inwoner van Hartenbos wat gereeld hier in die see swem, sê die NSRI in ’n verklaring. Sy het Marx vir haar hulp bedank, maar die man was reeds weg voordat sy hom kon bedank.

Die NSRI het die publiek onlangs op hul Facebook-blad gevra om dit wyd bekend te maak hoe belangrik die pienk reddingsboeie is wat gebruik kan word om mense te red wat in die see in die moeilikheid raak.

“21 lewens is al met behulp van die NSRI se pienk reddingsboeie gered sedert ons die program in November 2017 begin het. Ons waardeer dit ook as die publiek ons in kennis stel as van die pienk boeie gesteel is. Ons sal dit so gou moontlik vervang,” lui die inskrywing.

Meer oor:  Nsri  |  Hartenbos  |  Seeredding  |  Reddingsboei  |  Verdrinking  |  Vrou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.