Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou dood, 4 beseer in botsing buite Bfn
Die ligte voertuig wat Vrydag buite Bloemfontein in ’n botsing teen ’n vragmotor betrokke was. 'n Vrou is dood en vier mense is beseer. Foto: Verskaf

’n Vrou is dood en vier ander mense beseer nadat ’n vragmotor en ’n ligte voertuig Vrydag in die vroeë oggendure op die N1 buite Bloemfontein gebots het.

Die nooddienste het omstreeks 04:00 op die toneel sowat 50 km buite die stad aangekom, waar hulle die twee voertuie aan die kant van die pad aangetref het.

Russel Meiring, ER24-woordvoerder, sê die vrou in die ligte voertuig is dood in die motor aangetref. Die ander insittendes, ’n man en twee kinders, het geringe beserings opgedoen.

“Hulle is na die naaste hospitaal gebring,” sê Meiring.

Die vragmotorbestuurder het matige beserings opgedoen en is deur die provinsiale nooddiens behandel.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Beseer  |  Vragmotor  |  Botsing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.