SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Algemeen
Vrou dood in botsing tussen skoolbus, taxi en vragmotor

Leerlinge in ’n bus op pad skool toe en die meeste insittendes van ’n minibustaxi is feitlik ongedeerd nadat drie voertuie Donderdagoggend in ’n botsing op die N1 naby Heuningspruit, noord van Kroonstad, was.

’n Vrou van in haar 30’s, wat ’n passasier in die minibus was, is egter op die ongelukstoneel dood verklaar.

Konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, sê die ongeluk het omstreeks 05:30 gebeur. Die toneel was met wrakstukke besaai en die snelweg was ’n geruime tyd gesluit sodat die toneel opgeruim kon word.

Kareli sê dit is wonderbaarlik dat al die insittendes van die vol skoolbus, asook die ander insittendes van die minibus, net lig beseer is en op die toneel behandel kon word.

Volgens inligting van die polisie het al drie voertuie op die N1 in die rigting van Johannesburg (noord) gery toe die minibus van agter teen ’n vragmotor vasry. Die bestuurder van die minibus het beheer oor sy voertuig verloor. Die skoolbus was agter die minibus en die busbestuurder kon volgens Kareli nie die ongeluk vermy nie. Die bus het teen die minibus gebots, wat die vrou se dood veroorsaak het.

Die vragmotor is net lig beskadig aan sy agterkant.

Meer oor:  Kroonstad  |  Botsing  |  Motorongeluk  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.